Vetkoekvulsels: Keur van Smake om te Ervaar

Nie enige vulsel is ’n wenner nie; dit neem altyd ’n bietjie toetsing en proe om die perfekte kombinasie vir ’n tradisionele vetkoek te vind.

Dit is wat Theo Kleinhans, die eienaar van die gewilde Oom Vetkoek-restaurant in Grootbrak, met oortuiging sê. Oom Vetkoek bied ’n verskeidenheid vulsels aan vir hulle gaste om van te kies.

Jy kan onder meer kies tussen boerewors en tamatiestew, ’n warm sissie (kerrie-maalvleis en rissies), kerrie-maalvleis, russianwors en kaas, hoender mayo, biltong en kaas, of roomkaas, spek en kaas, of spek, eier en kaas.

Een van die gewildste keuses is die Babbelas Vetkoek (eier, russianwors en kaas), kaas en tamatie, en konfyt en kaas.

Theo se span is voortdurend besig om nuwe moontlikhede te beproef. Baie gaste verkies ook hoender-schnitzel met ’n mushroom-sous en kaas op hulle vetkoeke.

Met so ’n wye verskeidenheid smake om van te kies, is daar vir elkeen iets om te geniet by Oom Vetkoek. Besoekers kan gerus kom proe en ontdek watter kombinasie vir hulle die lekkerste is

About the Author

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may also like these