Oom Vetkoek is by verre die beste vetkoek-restaurant in die land. Ons is gewortel in tradisionele Suid-Afrikaanse geregte. Geniet dit op ons tafel of as wegneem-etes.
Ons bedien ’n verskeidenheid van heerlike, lekker tradisionele geregte vir die hele gesin. Ons heeldag reuse ontbyte is streek-gunsteling, ons het gereelde borde gekookte middag-etes en vir die soettand is daar altyd vars koeke en ander-lekkernye
Ons het ’n gemaklike restaurant met gesellige aansittafels binne en ’n Europa-styl buite-dek, waar jy kan smul aan alle ons lekkernye. Dis perfek vir daardie lekker gesinskuiers en selfs vir sakelui wat vinnig ’n ligte ete wil geniet met ’n vars gebroude koppie koffie.
Ons spesialiseer in vinnige wegneem-etes as jy vinnig iets lekker wil kry deur die dag, of wil seker maak jy het iets op die tafel as die gesin die aand aansit.
Onthou dat jy ons vooraf kan bel of WhatsApp by +27 83 612 0639 om te bespreek sodat jou maaltyd gereed is wanneer jy arriveer.
Ons Snuffelhoek het ‘n skatkis met die mooiste geskenke, kunswerke, oudhede en “ontdekkings” waardeer jy kan snuffel.
Hier kry jy nie net iets besonders nie, maar ook kunsverf, materiale vir kunsmaak en vir “crafts”. Dit is waar kreatiwiteit en “koelheid” mekaar ontmoet.
Oom Vetkoek is ’n trotse restaurant gewortel in tradisionele Suid-Afrikaanse geregte. Dis ons passie om heerlike, lekker, tradisionele geregte op die tafel te bedien en as wegneem-etes aan te bied.
Ons bedien ’n verskeidenheid van heerlike, lekker tradisionele geregte.
Ons het ’n gemaklike restaurant met gesellige aansittafels.
Ons spesialiseer in vinnige wegneem-etes.
Ons het ’n Snuffelhoek volgepak met verwante geskenke.
Ons het gereeld heerlike gekookte etes op die tafel. Etes soos tradisionele oondgebakte hoender, soetkerrie-afval, gevulde-skaapboud, stampmielies-en-bone saam met beesbredie, bobotie en gebraaide varkboud.
Hou sosiale media dop vir beskikbaarheid
gevulde-Skaapboud
Ons oondgebakte skaapboud is deel van ’n feesmaal soos min. Ons bedien dit gewoonlik met gebakte aartappels, rys, groente en soetpatats.
Oom Vetkoek se span werk met passie en oortuiging om elke gas soos ’n koning te onthaal. Van die voorwinkel tot ons kombuis is ’n werksomgewing waarop ons trots is.
Theo Kleinhans
Eienaar
Judith Kleinhans
Mede-eienaar en Snuffelhoek
Marietjie Andries
Kok
Yolandy Swarts
Kelnerin
Annaline Andries
kombuis assistent
Val Adams
Bakker
Geskenke en Kuns in ons Snuffelhoek
Ons het n skatkis van die mooiste geskenke, kunswerke, oudhede, en unieke "ontdekkings" om deur the snuffel en te koop.